Boere in die Vrystaat en Noord-Kaap loop tans deur onder ‘n groot springkaan-plaag

Boere in die Vrystaat en Noord-Kaap loop tans deur onder ‘n groot springkaan-plaag.
Gedeeltes van die Wes-Kaap word ook daardeur geaffekteer.
Sterk wind dra by tot die verspreiding van dié insekte.
Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, sê beheermaatreëls word ingestel om die verspreiding te beperk.
Sy het ‘n beroep op boere en landbou-organisasies gedoen om die departement in kennis te stel wanneer hulle sprinkaanswerms opmerk en om saam te werk om die plaag te bestry.

Luister na potgooie hieronder