Boere in die Vrystaat is bekommerd dat die optimale planttydperk besig is om uit te loop, nadat die provinsie die afgelope tyd bonormale reën ontvang het. Hugo van Doornick, ’n boer in die Bethlehem area, sê dat ryp ’n groot kommer vir soja aanplantings vroeg in April word indien boere later as November plant. Hy noem ook dat boere in dié area reeds 208mm reën vir November ontvang het. “Boere in die omgewing het sover bitter min geplant en dit wat reeds geplant is, versuip nou. Rudi Janse van Vuuren van Allanridge area, sê boere in sy omgewing het vir November reeds 201mm reën gekry. In die Marquard omgewing het boere net die afgelope 7 dae reeds tussen 100mm tot 150mm ontvang. Boere in die Rouxville omgewing het ook reeds by 160mm reën gekry en kan volgens Cois van Rooyen nie nou plant of lusern sny nie.