Boere kan nog baie geld maak het prof Johan Willemse, landbou-ekonoom van Agrimark-konsultante en beesboer gister tydens die TLU SA se konferensie in Pretoria gesê. Willemse het gesê ten spyte van swak ekonomiese toestande in die land, kan boere aan oplossings dink en nie net kla nie. Netwerk 24 berig Willemse het beklemtoon dat die ekonomie in die tweede kwartaal met 0,6% gegroei het en dat mense in die land swaar kry. Hy het gesê boere moet dink dat pres Wladimir Poetin nou die land se vriend is asook ander Brics-lande. Dit is waar die geld gemaak kan word. Willemse het ook gesê 50% van die land se mense leef op toelaes en moet kos koop. Die land gaan nie paaie bou nie maar toelaes betaal. Soos die staat ineenstort is privatisering besig om pos te vat. Dit gaan moeilik wees, maar die private mark gaan oorneem, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×