Boere van die Jagersfontein-omgewing in die Vrystaat het Dinsdag self ingespring om die slaggate op die R706 tot in Bloemfontein te herstel. Netwerk24 berig Bossie Kotzé, van die plaas Slagkraal buite die dorp, sê die distrik se boerevereniging het verlede week op ‘n vergadering besluit om die slaggate te herstel sodat dit veiliger is om die pad te gebruik. Pieto Louw, die projekbestuurder het gesê hulle boerevereniging neem verantwoordelikheid vir sowat 60 kilometer van die pad en ander verenigings vanuit Bloemfontein gaan die res van die pad aanpak. Geld vir die projek kom uit boere se eie sakke en van skenkings. Bel die vereniging se tesourier, Henry du Plessis by 072 765 7312 om ‘n bydrae tot die padfonds te maak. Dit is 072 765 7312.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×