Boervrou van Zastron se aanvallers verskyn in die hof

Twee van die vermeende aanvallers wat die bejaarde Daleen van der Hoven in Julie 2020 ontvoer het, het in die hof in Zastron verskyn.

Netwerk 24 berig dat Tsitsa Machabe en Thabo Moolehi, albei burgers van Lesotho, op klagte van gewapende
roof, poging tot moord, ontvoering, en motordiefstal verskyn het.

‘n Derde verdagte is steeds op vrye voet, en ‘n vierde is is glo intussen tydens ‘n motor-rooftog doodgeskiet.

Van der Hoven is op 20 Julie verlede jaar op haar plaas buite Zastron aangeval, in haar eie motor gelaai, en aan die Lesotho-grens afgelaai.

Sy het by mense aangeklop vir hulp, is ‘n tyd lank gehospitaliseer, en moes ook ‘n breinoperasie ondergaan weens ernstige hoofbeserings.

Die beskuldigdes verskyn Woensdag weer in die hof.

Luister na potgooie hieronder