Dit wemel van Suid-Afrikaners in die strate van Parys en Springbok-koors loop hoog voor die Wêreldbeker-eindstryd Saterdag. Die gees onder Suid-Afrikaners is ongelooflik en almal is trots en vol selfvertroue, het Kiki Wentzel van Real Housewives van Pretoria-faam aan Netwerk 24 gesê. Wentzel het gesê Springbok-ondersteuners sing en dans buite die stadion in hulle Springboktruie om gees te bou. Kiki en haar man, Malcolm, het gesê hulle is daar vir die gees en dat dit lekker is om die Bokke te sien wen. Die Springbokke gaan beslis Saterdag weer wen, het sy gesê. Daar is ook baie mense van ander lande wat die Bokke ondersteun. ‘n Boer van die Vrystaat, Fafa van der Westhuizen, wat ook in Parys is, het gesê die senuwees het geknaag tydens die vorige twee wedstryde maar hy gaan maar hartpilletjies drink Saterdag.