Die Springbokspan sal Dinsdag-oggend om vyf voor elf op die OR Tambo-lughawe land met die gesogte Webb Ellis-trofee onder die arm terwyl ‘n reuse verwelkoming van ondersteuners verwag word. Die span sal daarna ‘n perskonferensie op die lughawe hou. SA Rugby het in ‘n verklaring gesê die Springbokke se toer om die wêreldbeker vir ondersteuners te wys, begin Donderdag in Pretoria, Johannesburg en Soweto. Die span sal Vrydag in Kaapstad wees en Saterdag in Durban. Sondag sal die span Oos-Londen besoek. Die stede wat gekies is, is as gevolg van die grootte van die populasie terwyl Oos-Londen gekies is vir sy betekenisvolle bydrae tot die sport. Die spesifieke roetes sal later bekendgemaak word.