Watookal die rede, was die bokke se vertoning gisteraand redelik flou.  Die Engelse het die bokke voorlangs baie goed in toom gehou, wat die Britte vir die grootste deel van die wedstryd neusie voor gehou het.  Ongeag die aanslag van ‘n begeesterde Engelse span kon die Springbokke daarin slaag om die bordjies te verhang en die wedstryd te wen met 16 punte teenoor die Rose se 15.  Die bokke sal nou in die eindstryd teen die magtige All Blacks te staan kom.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×