BOKS: Twee gevegte in die kryt het joernaliste die afgelope naweek na hulle asem laat snak.
In die een het die Amerikaner Angelo Leo die veergewigkampioen van die IBF geword toe hy sy opponent van Mexiko Luis Alberto Lopez in die tiende ronde van hul kragmeting in Albuquerque met ’n linkerhaakhou neergevel het wat deur baie as die “Uitklophou van die Jaar” beskryf word.
In die ander geveg het Leo se landgenoot, Vergil Ortiz, ook met punte geseëvier oor 12 rondes toe hy Serhii Bohachuk van die Oekraïne in die junior middelgewig afdeling in die sogenaamde “Geveg van die Jaar” geklop het.
Albei boksers sal na hulle soliede vertonings tussen die toue moontlik die kans kry om die WBV kampioen Terence Crawford binnekort in die kryt te ontmoet.