UFC-vegter Conor McGregor gaan in ‘n boksgeveg teen Logan Paul meeding.

Beide die vegters sal $250 miljoen elk verdien. Dit maak dié geveg die mees winsgewende een in geskiedenis en sal in Mumbai, Indië, plaasvind.

MSN berig die geveg tussen McGregor en Paul sal deur die Indiese koninklike familie, die Ambani-familie, gehou word. Dit sal by die 33,000-sitplek Wan-khede-stadion in Mumbai plaasvind.

Die geveg sal deel van die land se “Visit India”-toerismeveldtog vorm, wat potensieel miljoene kykers na Indië sal lok, asook moontlik duisende besoekers wat dit in lewende lywe wil sien.

Die datum van die geveg moet nog bepaal word, maar dit is vir 2025 geskeduleer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×