BOKS – Die voormalige lig vlieggewigkampioen van Suid-Afrika Hector Budler het ook Saterdagaand die rekordboeke herskryf toe hy in slegs 43 sekondes in die 1ste rondte sy teenstander droomland toe gestuur het by die Unisa Konferensie Sentrum in Mondear , Johannesburg.
Hector – oftewel Hekkie soos hy in die kryt bekend staan het en inweeg op 49,30 kg – het met die lui van die klok vinnig uit sy hoek gekom en Wichet Sengprakhon met ’n linkerhou teen die lyf getref en opgevolg met nog ’n opstopper onder die ribbes en toe die Fillipynse bokser sterretjies laat sien het met ’n laaste linker hakhou. Sengprakhon het met jelliebene probeer opstaan waarna die skeidsregter die geveg beëindig het.
Budler wie se rekord nou 34-5 is met 11 uitklophoue sal in Augustus teen die Wêreld Boks Assosiasie en Wêreld Boks Raad se lig vlieggewigkampioen Kenshiro Teraji van Japan te staan kom in ’n titelgeveg.