Daniel Dubois sal volgende jaar sy Internasionale Boksfederasie-swaargewigtitel teen die Nieu-Seelander Joseph Parker op die spel plaas.
Die IBF-titel is vroeër vanjaar aan Dubois toegeken nadat Oleksandr Usyk dit prysgegee het.
Dubois het daarna sy titel in September suksesvol verdedig toe hy sy Engelse landgenoot, Anthony Joshua, met ’n uitklophou op Wembley in Londen verslaan het.