BOKS – Die voormalige swaargewig kampioen Deontay Wilder se ma het haar seun gevra om die handskoene op te hang.
Wilder het die afgelope naweek teen Zhilei Zhang in Saoedi-Arabië verloor wat sy 4de nederlaag in 5 gevegte was.
Sy ma Deborah het vir hom ’n boodskap gestuur en gesê dat hy bereik het wat hy wou en dit nou tyd is om die die lewe te geniet en die jonger generasie te leer hoe om kampioene te word.
*Die 38-jarige Wilder wat spog met ’n rekord van 43 – 4 en ’n brons medalje by die 2008 Olimpiese Spele se bestuurder Shelly Finkel het ook gesê dat hy ondersteun sy bokser se besluit wat dit ook al mag wees.