‘n Prominente figuur in boks in Engeland, Eddie Hearn, sê dat die geveg tussen Mike Tyson en Jake Paul nie moet gebeur nie.
Die 58-jarige voormalige swaargewig kampioen, Tyson, en die 27-jarige YouTuber, Paul, gaan Vrydagaand in die kryt ontmoet.
Hearn het die week sy mening gelig oor die geveg en sê enige iemand wat dink dat dit ‘n goeie idee is vir Tyson om in die kryt te klim het geen emosionele gevoelens teenoor die man nie.
Die geveg gaan Vrydagaand in Dallas, Texas plaasvind, en kan om drieuur die oggend in Suid-Afrika op Netflix gekyk word.
1 Comment
Comments are closed.