BOKS – Daar is nuwe lewe in Chris Eubank Jr. se boksloopbaan ingeblaas nadat hy die afgelope naweek sy geveg in die 10de ronde teen Liam Smith met ’n tegniese uitklophou gewen het.
Diè duo het mekaar ook in Januarie die stryd aangesê maar toe was dit Smith wat Eubank planke toe gestuur het na net 12 minute.
Daar was ook glo sprake van ‘n 3de gelykmakende geveg maar Eubank wil hoër bome nou aanvat en het Genadiy Golovkin nou in sy visier.
Tripple G – soos hy in die bokskryt bekend staan – was die voormalige kampioen van die WBV, IBF en IBO se middelgewigstitels maar moes dit prysgee nadat hy nie teen diè beheerliggame se aanspraakmakers wou boks nie.
Indien Eubank en Golovkin deur die toue gaan kim sal dit ook vir altwee ’n groot betaaldag beteken terwyl die promotors en ondersteuners styf duime vashou dat hierdiè 2 manne mekaar ook uiteindelik in bokskryt sal takel.