BOKS – Die 2 groot kanonne in die bokswêreld gaan mekaar ook nou uiteindelik in die kryt ontmoet.
Tyson Fury en Oleksandr Usyk het ’n kontrak gesluit om in Desember of Januarie mekaar in Riaad in Saoedi-Arabië te takel.
Usyk is tans die WBV , WBO , IBF en IBO swaargewigkampioen terwyl Fury die goue boksgordel van die WBR besit.
Fury sal eers voor diè geveg op die 28ste Oktober teen ’n voormalige hokvegter Francis Ngannou deur die toue klim waar sy WBR titel egter nie op die spel gaan wees nie.
Usyk was ook 2 maande laas in aksie toe hy Daniel Dubois in die 9de ronde van hul geveg droomland toe gestuur het.