BOKS – Die voormalige swaargewig kampioen Mike Tyson en Youtuber-bokser Jake Paul se lang verwagte ontmoeting in die kryt op 20 Julie in Arlington, Texas sal wel ’n beroepsgeveg wees.

“Iron Mike”  Tyson sal 58 wees wanneer hy teen die 27-jarige Paul te staan kom en daar was aanvanklik sprake was dat dit ’n vertoongeveg sou wees – waar boksers swaarder handskoene dra wat dit veiliger maak –  maar die Texas-lisensiëring-en-reguleringsdepartement het dit beroepstatus gegee wat beteken dat dit wel ’n besliste uitslag sal oplewer.

*Diè geveg word regstreeks op Netflix  uitgesaai waar 80 000 toeskouers ook op die AT&T-stadion gaan toesak wanneer diè 2 boksers vir hierdie geskiedkundige geveg deur die toue gaan klim.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×