BOKS – Die legendariese Filippynse bokser Manny Pacquiao het ook die rooilig van die Olimpiese Komitee gekry oor sy deelname aan die 2024 Spele in Parys.
“Pacman” soos hy in die kryt bekend gestaan het is reeds 45 jaar oud en volgens die reëls van die IOK wat ook in 2013 aangepas is mag boksers net tot die ouderdom van 40 aan die Spele deelneem.
Manny het in September 2021 laas aan ’n beroepsgeveg deelgeneem waar Yordenis Ugás hom met punte oor 12 rondes verslaan het.
*Pacquiao het in sy roemryke loopbaan wêreldtitels in 8 verskillende gewigsafdelings gewen. Na sy uittrede het hy hom ook op ’n loopbaan in die politiek toegespits.