BOKS – Die voormalige Filippynse wêreldkampioen Manny Pacquiao het bekend gemaak dat hy na sy vertoongeveg in Desember sal besluit of hy weer deur die toue gaan klim – aldan nie.

Indien hy goed vaar in diè geveg teen DK Yoo van Korea sal die PacMan dit moontlik oorweeg om weer voltyds te begin boks maar andersins sal hy bly deelneem aan vertoongevegte.

Die grootste deel van die geld wat ingesamel gaan word in diè geveg gaan aan die hulpbehoewendes in die Oekraïne geskenk word.

Volgens die voormalige senator van die Filippyne gaan dit ‘n harde geveg tussen hom en die Koreaan wees maar Yoo is dit eens dat hy groter en sterker as die 43-jarige is en hom beslis droomland toe gaan stuur.

Diè geveg vind op die 11de Desember in Govang , Suid-Korea plaas.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×