Die Suid-Afrikaanse bokser Phumelela Cafu is die Wêreld Boksorganisasie (WBO) se junior kapokgewig kampioen.

Cafu het Maandag vir Kosei Tanaka in Tokio met punte oor 12 rondtes geklop.

Die Oos-Kapenaar het punte van 114-113 ontvang van twee beoordelaars terwyl die derde beoordelaar die selfde telling vir Tanaka gegee het.

Dit was Cafu se dertiende beroepsgeveg, en eerste in die buiteland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×