BOKS – Suid-Afrika se junior vlieggewigtitel houer Sivenathi Nontshinga gaan dalk binnekort in die kryt teen die Engelsman Sunny Edwards klim nadat hy ook Vrydag sy titel teruggewen het wat hy in November verlede jaar aan Adrian Curiel afgestaan het.
“The Special One” – soos hy in die kryt bekend staan – was agter op punte maar het in die 9de ronde Curiel platgeslaan en sodoende verseker dat hy weer die goud kan dra.
Edwards wat ook ’n voormalige vlieggewig-kampioen van die IBF is wil moontlik na ’n ligter afdeling skuif en volgens die Britse promotor Eddie Hearn sal hierdiè geveg boks ondersteuners se verbeelding aangryp.
*Indien Nontshinga teen Edwards wen sal hy die houer van ‘n 2de wêreldtitel in ’n ander gewigsklas ook word.