Die oud-swaargewig bokskampioen, Mike Tyson, sê hy trots op hoe hy vertoon het teen die 27-jarige sosiale media-persoonlikheid, Jake Paul, in hulle vertoongeveg die afgelope naweek.
Die 58-jarige het al agt rondes bly staan en uiteindelik die geveg op punte verloor by die AT&T-stadion in Dallas, Texas.
Volgens Tyson was hy amper dood in Junie, het agt bloedoortappings gekry en baklei om gesond te word sodat hy kon veg, dus, het hy gewen.
Tyson het verder gesê dat hy trots is om in die teenwoordigheid van sy kinders agt rondes te kon hou teen ‘n talentvolle vegter wat die helfte van sy ouderdom is.