Bomeenheid moes ‘n ploftoestel van ‘n man se liggaam verwyder

Die bomeenheid van die Wes-Kaapse polisie moes ‘n ploftoestel van ‘n man se liggaam verwyder.

Die man wat by ‘n transitomaatskappy werk, is ontvoer, waarna dié ploftoestel aan sy liggaam vasgemaak is. Daarna is hy gedwing om kontant uit verskeie kitsbanke in Kaapstad te verwyder.

Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die 30-jarige man is later op die N-2 afgelaai met die ploftoestel steeds aan hom vasgebind.

Die verkeerspolisie is van die man ingelig wat die bomeenheid ontbied het. Potelwa sê die polisie ondersoek ‘n saak van roof en ontvoering.

Luister na potgooie hieronder