Bongani Bongo wil korrupsiesaak teen hom laat teruggetrek

 Bongani Bongo wil korrupsiesaak teen hom laat teruggetrek

Regsverteenwoordigers van die voormalige minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, het in die hooggeregshof in Kaapstad aansoek gedoen dat die korrupsiesaak teen hom teruggetrek word.

Bongo word daarvan beskuldig dat hy probeer het om die getuieleier van die parlementêre ondersoek na korrupsie by Eskom, advokaat Ntuthuzelo Vanara, om te koop.

Advokaat Mike Hellens, namens Bongo, het aan die hof gesê die staat het nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie.

Dit volg nadat die staat sy sesde en finale getuie, die ondersoekbeampte, luitenant-kolonel Vincent Mokoema van die Valke, geroep het.

Luidens berigte sal die aansoek Woensdag aangehoor word.

LeandreAdmin@