Bonginkozi Madikizela, die leier van die DA in die Wes-Kaap, het kommer uitgespreek oor die ekonomie van die Tuinroete.

Bonginkozi Madikizela, die leier van die DA in die Wes-Kaap, het kommer uitgespreek oor die ekonomie van die Tuinroete.
Dit volg ná strande in dié gebied gesluit is. Die beperkings is ingestel nadat ‘n toename van Covid-19 infeksies die laaste weke in die streek aangemeld is.
Madikizela is van mening dat dit veel veiliger sal wees om mense toe te laat om in oop ruimtes se wees. Hy sê dit maak nie sin om strande te sluit nie. Hy sê maatreëls is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk, en die provinsiale regering doen alles in sy vermoë om toe te sien dat die maatreëls toegepas word.
Die party se aansoek om die besluit oor die sluiting van strande ter syde te stel, sal Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word.

Luister na potgooie hieronder