Die hof het borgtog geweier vir die man wie aangekla word vir die moord en ontvoering van die 16-jarige Machaka Radebe.

Machaka, ‘n leerling aan die Brebner High School in Bloemfontein, het op 2 Desember vermis geraak. Haar liggaam – met ‘n steekwond in die rug – is twee dae later buite die stad gekry. Aangesien die 27-jarige Ntlantla Wiseboy op ‘n bylae-6 aanklag tereg staan, moes spesiale omstandighede vir borgtog bewys word, en ook dat dit in die belang van geregtigheid sou wees.

Na Machaka se verdwyning, is haar selfoon na bewering deur ‘n onbekende man beantwoord, wat ‘n losprys vir haar vrylating geëis het. Netwerk24 berig die beskuldigde sê hy het Machaka se foon in die Middestad by iemand gekoop. Sy simkaart was egter reeds vir etlike dae in die foon, op die datums wat hy vir die aankoop van die foon voorhou. Hy word ook van afpersing aangekla.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×