Tien uit 15 beskuldigdes in die Universiteit van Fort Hare-korrupsiesaak, is op borgtog vrygelaat.

Die aanklagte teen hulle het betrekking op beweerde konkelary met sekere van die universiteit se tenders. Die verdagtes, wat oor Paasnaweek in hegtenis geneem is, het
gister in die landdroshof op Alice in die Oos-Kaap verskyn.

Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sal die ander vyf aanstaande maand weer in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×