Borgtog toegestaan aan Voormalige amptenaar van die Vrystaatse provinsiale regering en vyf diensverskaffers

’n Voormalige amptenaar van die Vrystaatse provinsiale regering wat saam met 5 diensverskaffers op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal van sowat R7,9-miljoen in die landdroshof in Bloemfontein verskyn het, is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Netwerk24 berig hul verskyning spruit uit gebeure tussen 2011 en 2012 waarin Mildred Setlaba, wat voorheen by die
betalingsmagtigingsafdeling van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings werksaam was, en minstens twee ander voormalige amptenare ongemagtigde en onreëlmatige onderhandelinge met die diensverskaffers aangegaan
het om onreëlmatige en korrupte aktiwiteite te begin.

Die 6 beskuldigdes sal weer op 3 September in die hof verskyn.

Luister na potgooie hieronder