Die man wat na bewering die oorsaak van elf leerders van Carletonville se dood is, is op borgtog van R20 000 vrygelaat.
Gert Laurence, wat van strafbare manslag aangekla word, het in die Fochville-landdroshof verskyn.
Hy het na bewering meer as ‘n week gelede met sy bakkie in ‘n voertuig wat skoliere vervoer het vasgery, waartydens die bestuuder en elf leerders van Laerskool Rocklands en Blyvooruitsig in Carletonville, dood is.
Laurence is op streng borgtog voorwaardes vrygelaat, wat die inhandiging van sy paspoort insluit. Die hof het hom ook beveel om nie enige direkte of indirekte kontak met die getuies te he nie. Hy staan op 12 aanklagte van strafbare manslag, asook ‘n aanklag van roekelose en of nalatige bestuur, tereg.
Verdere ondersoek word ingestel en die saak is tot 15 Oktober 2024 uitgestel.