Hoewel die staat hom as vlugrisiko bestempel, is Stéhan Grobler, eertydse sekretaris en regshoof van Steinhoff, Maandag op borgtog van R150 000 vrygelaat.

Die bedrogverwante aanklagte teen Grobler beloop glo nagenoeg R21-miljard. Grobler het dit aan die handelsmisdaadhof in Pretoria voorgehou, dat hy onskuldig gaan pleit op alle aanklagte teen hom, en ook dat hy sy onskuld sal bewys. Maroela Media berig Grobler het hom Vrydag aan die polisie oorgegee.

LEES MEER: Markus Jooste se dood beteken nie die einde van die Steinhoff-bedrogondersoek nie

Dit volg nadat hy en Markus Jooste, wyle uitvoerende hoof van Steinhoff, vroeër opdrag van die Nasionale Vervolgingsgesag gekry het om dit te doen. Jooste het Donderdag sy eie lewe geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×