‘n Vrystaatse onderwyser wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n matriekseun verkrag het, is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Netwerk24 berig by monde van Howard Ndaba, van die onderwysdepartement, het inligting oor die beweerde verkragting aan die lig gekom, toe daar navraag gedoen is oor die seun se afwesigheid. Die 17-jarige leerling beweer die onderwyser, wat ook rugby by die skool afrig, het hom geboelie en seksueel misbruik.

Ndaba prys die Goudveldse skool vir vinnige optrede met die skorsing van die onderwyser. Die beskuldigde moet weer volgende week in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×