Nog ‘n beskuldigde in die opspraakwekkende Bester-ontsnappingsaak, Joel Makhetha, is op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Netwerk24 berig Moeketsi Ramolula, wat vanoggend saam met Makhetha in die Bloemfonteinse landdroshof was, het sy borgtogaansoek teruggetrek.
Rosestad-nuus het vroeër berig Ramolula en Makhetha is in Junie saam met Thabang Mier in hegtenis geneem.
Mier is verlede week op borgtog vrygelaat.
Makhetha en Ramolula staan tereg op aanklagte van hulpverlening aan ’n gevangene tydens ’n ontsnapping, korrupsie en lykskending.
Mier staan tereg op ‘n aanklag van hulpverlening.
Die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, het in Mei verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis by Bloemfontein ontsnap.
Hy word nou in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Tshwane aangehou.