‘n Boer en sy twee werknemers wat daarvan beskuldig word dat hulle twee vroue vermoor het en hul liggame in ‘n varkhok by ‘n plaas by Onverwacht buite Polokwane in Limpopo los het, se borgtogaansoek is uitgestel. Hulle aansoeke sal nou volgens SABC News, op 10 September deur die landdroshof in Mankweng aangehoor word.

Die beskuldigdes, Zachariah Olivier, Rudolph de Wet, and William Musoro, staan op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie ​​tereg. Musoro, ‘n buitelander, staan ook op ‘n aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet ​​tereg. Die staat staan hul borgtog teen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×