Build One South Africa eis dat die Nasionale Register van Seksuele Oortreders openbaar gemaak word. Die party sê maklike toegang tot die register moet moontlik wees vir elke landsburger.
Roger Solomons, Bosa-woordvoerder, sê die party vra vir ‘n debat oor die openbaarmaking, aangesien hy bekommerd is oor toenemende gewelds- en seksuele misdaad teen die land se vroue en kinders.