Build One South Africa is van mening dat die samestelling van president Cyril Ramaphosa se kabinet niks anders as ‘n ANC / DA-koalisie is nie.
Mmusi Maimane se Bosa-party het die president probeer oortuig om ‘n nasionale konvensie van alle politieke partye in die parlement op die been te bring, ten einde ‘n nuwe regering te vestig.
Die party sê hy wens die koalisieregering alle sterkte toe. Bosa sê sy rol in die parlement sal wees om hom vir reg en geregtigheid te beywer.