Build One South Africa, Bosa, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om nie rentekoerse te verhoog nie. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het gister eenparig besluit om die rentekoers onveranderd te laat op agt-komma-twee persent. Volgens Bosa sou stygende rentekoerse die finansiële stryd van Suid-Afrikaanse huishoudings vererger het. Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, vra vir verskeie ingrypings van die regering om hierdie finansiële las verder te verlig. Dit sluit die skrapping van brandstofheffings, ʼn stop aan enige verdere elektrisiteitsprysstygings en meer werksgeleenthede in.
1 Comment
Comments are closed.