Build One South Africa (BOSA) stel voor dat die 30%-slaagsyfer verhoog moet word na 50%.

Volgens Netwerk24 voel Mmusi Maimane, wat ‘n BOSA-LP is, dat 30% net middelmatigheid in stand hou en nie leerlinge se uitsigte op indiensneming bevorder nie.

Hy glo dat dit hoër verwagtinge aan leerlinge sal stel, terwyl dit ook hul vakinhoud meer betekenisvol sal maak om hulle betertoe te rus om in die internasionale ekonomie meer kompeterend te wees.

Hy voeg by dat ‘n vak soos lewensoriëntering ‘n mors van tyd is en eerder vervang moet word met vakke wat fokus op kritiese denke en algemene kennis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×