Build One South Africa (Bosa) doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, om samesprekings tussen Mosambiek se regerende en opposisie politieke partye te fasiliteer.
Dit kom nadat Bosa se leier, Mmusi Maimane, ‘n brief van die leier van Mosambiek se Podemos Party, Venancio Mondlane, ontvang het.
Die opposisieleier het kommer uitgespreek oor sy veiligheid, aangesien hy na verwagting Donderdag uit ballingskap na sy tuisland sal terugkeer.
Mondlane het Mosambiek verlaat nadat twee van sy assistente vermoor is ná die omstrede verkiesing in Oktober verlede jaar.
Bosa se woordvoerder, Roger Solomons, sê Mondlane het verskeie dreigemente in die gesig gestaar, insluitend drie sluipmoordpogings.
LUISTER: