Boshof-egpaar se vermeende moordenaars sal vandag in die Bloemfontein hooggeregshof aangekla word

Die hooggeregshof in Bloemfontein sal vandag die begin sien van die saak teen die vier vermeende moordenaars van Sakkie en Ina van der Berg op die plaas Blouboswes in die Boshof-distrik op 12 Julie verlede jaar.
Netwerk24 berig dat 41-jarige Johannes Sekgoro, 44-jarige Leepile Sidasi, 35-jarige Thami Kat en 26-jarige Daniel Seloane voor regter Celéste Reinders verskyn op aanklagte van moord en rooftog.
Luidens die lykskouingsverslae is Sakkie aan veelvuldige beserings dood en Ina is in die kop geskiet met haar hande agter haar lyf gebind.
Seloane en Kat sal ook aangekla word van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Luister na potgooie hieronder