Alison Botha se aanvallers, Frans du Toit wat tans in Bloemfontein woon en werk, en Theuns Kruger wag om te hoor of hulle terug tronk toe moet gaan.
Netwerk24 berig die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald se woordvoerder sê hy sal binnekort ‘n besluit neem.
Die twee is in Junie 2023 op parool vry gelaat, nadat hulle 28 jaar van hul lewenslange vonis uitgedien het. Alison Botha is in 1994 deur dié twee mans buite haar huis ontvoer.
Sy is na ‘n natuurreservaat geneem waar hulle haar verkrag, haar keel gesny en vir dood agtergelaat het.