Botswana se nuwe president, Duma Boko, het groot planne om ontwikkeling van die staanspoor af in werking te stel deur die minimum loon te verdubbel en universele gesondheidsorg te implementeer.

Boko voeg by dat hy beleggersvertroue wil versterk en bande met mynboumaatskappye wil verbeter as ‘n beginpunt om die land se finansies te stabiliseer.

Maroela Media berig hy sê die presidensie is ‘n verantwoordelikheid wat met nederigheid en ‘n mate van angs benader moet word.

Boko sê hy durf nie misluk of die volk teleurstel nie.

Terwyl diamantverkope Botswana se grootste inkomstebron is, is kiesers bekommerd oor die land se huidige 27%-werkloosheidsyfer en 1%-ekonomiese groei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×