Vyf jaar later gaan fase 1 van die bouwerk by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein skynbaar in Oktober klaar wees.

Dít aldus Sihle Zikalala, minister van openbare werke en infrastruktuur.

Zikalala het Donderdag hier oë kom wys.

Hy het gesê gedeeltes van opgradering lyk baie goed, maar op ander plekke, soos die aanhoudingselle, is brouwerk gedoen.

Volgens hom het die projek gesloer omdat die eerste kontrakteur weens swak prestasie laat gaan is, terwyl die tweede een te veel ekstra geld wou hê.

Die derde kontrakteur is hierna aangestel.

Netwerk24 berig hierdie aanstellings bring die koste van die eerste fase op R110 miljoen te staan.

error: Inhoud is beskerm !!