Die brand by die Vrystaatse premierswoning, Vrystaathuis, teen die koppie in Harry Smith straat, Dan Pienaar, is onder beheer.

Die vlamme kon sedert vanoggend kort voor tien-uur waargeneem word.

Die veiligheidsdienste het die publiek gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak en nie na die brand te kom kyk nie.

Die verkeerspolisie het verskeie paaie rondom die gebied naby die Musicon en Oranje Meisieskool gesluit vir verkeer.

Die premier, Mxolisi Dukwana, wat onlangs aangestel is, woon nog nie in die huis nie.

Die vorige premier, Sisi Ntombela, bly nog tot die einde van die maand in ‘n gastehuis op die erf.

Die polisie en brandweer is steeds op die toneel.

Besighede in die omgewing is gevra om te ontruim.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×