‘n Brand wat Maandag naby die Brandvlei-gevangenis in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit ontstaan het, het nou na die Dwarsberg bo Rawsonville verskuif.

Hoë en digte plantegroei dra by tot die vinnige verspreiding van die brand. Woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, Jo-Anne Otto, sê die brand beweeg nou in twee bane.

Mense in die Dwarsberg Trout Hideaway moes vroeg vanoggend ontruim word. Die wind het egter later van koers verander, wat die oord in daardie stadium buite gevaar gestel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×