’n Brand wat die lewens van ses brandbestryders in die KwaZulu-Natalse Middellande geëis het, is glo deur stropers gestig.

Media24 berig dat die stropers Sondag die vuur gebruik het om die diere in ‘n hoek te druk as deel van hul onwettige jagaktiwiteite. Chris Pappas, burgemeester van die uMngeni Munisipaliteit, het die bewerings bevestig dat stropery in die gebied volop is.

Nog ‘n brand by die Kenville informele nedersetting, in die noorde van Durban, het net na middernag die lewe van ‘n swanger vrou geëis. Meer as 100 huise is vernietig en sowat 300 mense is haweloos gelaat. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×