Brandbestryders van die Estoire-buurtwagsektor in Bloemfontein, voer tans ‘n titaniese stryd teen vlamme in die Douglas Valley-kleinhoewe-omgewing.

Savage Breytenbach van die Mangaungse brandbeskermings-assosiasie, of Mafpa, het pas aan Rosestad-nuus gesê die kans is nie uitgesluit nie, dat sekere huise en sakeondernemings in die brand se pad kan staan.

Die brand is deels op beboude, en deels op onontwikkelde grond.

Breytebach sê hierdie sogenaamde koppel-area brande is gewoonlik veel kleiner as veldbrande.

Dit hou egter meeste van die tyd uiters ernstige gevaar in, weens woonhuise en ander strukture op persele wat aan die ongerepte dele grens.

Die oorsaak van die ontstaan van die brand is nie bekend nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×