‘n Reuse brand woed by Tafelkop by Bloemfontein. Die brand, langs die Raymond Mahlaba-ingang na Bloemfontein, stuur ‘n groot volume digte rook die lug in, weens droeë gras wat as vuurstokers in die versengende hitte dien.

Die brandweer, asook Working on Fire, het ‘n kort rukkie gelede op die toneel aangekom om met bluswerk te begin. ‘n Brandkenner het aan Rosestad-nuus gesê daar was onlangs ook brande in die gebied en dat dit moeilik is om te sê hoe vinnig of hoe wyd hierdie brand kan versprei.

Mense word gevra om die gebied sover moontlik te vermy. Hoofligte en veilige volgafstande is ‘n absolute moet, vir diegene wat die omgewing van die brand moet verlaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×