Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Vrystaat Landbou het in ‘n verklaring bevestig dat boere saam met lede van die Brand Beskermings-vereniging Maandagaand dwarsdeur die nag brande bestry het.

Weerstoestande was ook nie gunstig nie met winde van tot 70 km/uur.

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê meeste van hierdie brande was in die suid-westelike Vrystaat, in die Xhariep-distrik, waarvan die grootste naby Edenburg ontstaan het en tot oor die N1 naby Tierpoort gebrand het.

Volgens Johann Breytenbach van die Mangaung Sambreelbrandbeskermings vereniging het die aanvanklike brand ‘n oppervlakte van meer as 62km beslaan met ‘n brandfront tot 50km breed.

Brande woed steeds vanaf Edenburg tot in Tierpoort op die N1.

Luister na potgooie hieronder