BRANDERPLANKRY – Die Amerikaanse branderplank legende Kelly Slater se loopbaan het Dinsdag by die Margaret River Pro in Australië sy einde bereik.
Die 52-jarige Slater – wat 11 wêreldtitels in sy roemryke loopbaan gewen het – is in die ronde van 32 uitgeknikker en kon nie in vanjaar se eerste 5 byeenkomste genoeg punte insamel om sy plek in die Wêreldreeks te behou nie.
Slegs die 22 voorste branderplankryers sal die res van die jaar en ook aan die eerste 5 van 2025 se Wêreldreekse deelneem. Slater kon ook nie ’n plek in die Amerikaanse Olimpiese span verseker nie wat in Tahiti gaan deelneem aan die Parys Spele.
*Goeie nuus vir Suid-Afrika is dat Jordy Smith wel sy plek in die ronde van 16 verseker het in die Margaret River Pro en het ook sodoende gekwalifiseer vir die res van die wêreldreeks.