BRANDERPLANK – Soos enige sportster droom die Paralimpiese branderplankryers Raemondo Lessing en Thando Ngcikwe ook om hul land by die Olimpiese Spele te kan verteenwoordig.
Die 16-jarige Lessing wat sy bene en arms verloor het toe hy slegs ’n paar maande oud was is saam met sy vriend Thando – wat ook altwee bene verloor het – op hul gelukkigste tussen die Kaapse branders.
Die seuns het in Khayelitsha groot geword – wat bekend is vir misdaad en dwelms misbruik – maar het bo hul omstandighede uitgetroon waar Suid-Afrika se branderplank-kampioen en afrigter Roxy Davis diè 2 inspireer het met “branderplank terapie” waar hulle ook die afgelope 2 jaar goeie resultate opdis en ook reeds al op nasionale vlak kompeteer het.
Branderplankry is reeds vanaf 2021 op die Olimpiese kalender en diè 2-tal vertrou om ook in 2028 by die Paralimpiese Spele in Los Angeles die golwe vir Suid-Afrika te kan ry.